Opinion

Wat het padreëls, regulasies met ‘sound’ in jou kar te doen?

Kla eerder oor die vuil strate terwyl jy wag vir die bank om te open of dalk die slaggate waardeur 'n mens moet ry elke dag.

• Renette van der Merwe skryf:

Geagte Anoniem.

Aangaande die brief Jy’s nie ‘cool’ met jou ‘sound’ nie op bladsy 4 van die Herald van 17 Februarie 2017 die volgende …

Ek sal graag wil weet wat het padreëls en regulasies te doen met sound in jou kar.

Die jong lat hou dalk van die idee om doof te wees nog voordat hy 30 jaar oud is. Jy is, of was seker nog nooit jonk nie en dalk het boombox uitgekom na jou tyd. Weet jy daar is soveel dinge om oor te kla as ‘n jong lat wat na sy doef-doefmusiek luister.

Kla eerder oor die vuil strate terwyl jy wag vir die bank om te open of dalk die slaggate waardeur ‘n mens moet ry elke dag as jy jou huis verlaat. Ja, ek stem saam dat padvarke en dronkbestuurders nooit weer agter die stuur van ‘n voertuig mag wees nie.

Dink bietjie daaraan.

Die jong lat luister na sy musiek, hy doen niemand leed aan nie hy maak niemand seer nie. Hy probeer cool lyk vir sy ouderdomsgroep, nie vir ‘n tante wat geïrriteerd raak oor sy musiek nie.

Related Articles

Back to top button