Wie beboet verkeersbeamptes?

'Sies' vir die polisie wat veronderstel is om vir die gewone motoris 'n voorbeeld te wees.

• Anoniem skryf:

Wanneer ek sien hoe mense bestuur is dit geen wonder nie dat soveel ongelukke plaasvind, met tragiese gevolge.

Padtekens is opgesit vir ‘o tog dis nice’. Dit wil vir my voorkom of dit eintlik onwettig is om die padtekens te gehoorsaam. Ek het gesien hoe selfs die polisie en verkeerspolisie doodluiters oor stoptekens jaag – mense wat die gewone burgers moet beboet vir oortredings. Wie beboet dan vir hulle?

Dinsdag, 10 Januarie kom ek in die hoofweg na ‘n verkeerslig toe aangery wat geel slaan. Ek stop toe want ek wou na Checkers toe indraai. ‘n Polisievoertuig ry toe doodluiters links van my verby en draai teen die rooi lig na Checkers se rigting toe.

Ek kon ongelukkig nie sy nommer neem nie aangesien alles baie vinnig gebeur het.

‘Sies’ vir die polisie wat veronderstel is om vir die gewone motoris ‘n voorbeeld te wees. Watter respek moet ek vir hulle hê as hulle sommer deur ‘n rooi verkeerslig ry – geen gevaarligte, geen sirene.

By die Sungate Groentestal ry bitter min mense stadiger of stop by die vierrigtingstopteken. Tot die polisie en verkeerspolisie jaag daar. Wat ‘n swak voorbeeld.

Exit mobile version