Opinion

Totsiens Jannas en Randfontein

En neem dus met hierdie skrywe afskeid, na bykans 17 geseënde jare, as trotse hoof van Hoërskool Jan Viljoen.

• Julius Katzke skryf:

Liewe Janna-ouer.

Dit is met ‘n vol gemoed dat ek aan u hierdie skrywe rig. Ek en my vrou, Almarie, het na vele gebede en ernstige oorweging in November 2016 besluit dat ek aansoek gaan doen, om ‘n bevorderingspos, as hoof van Hoërskool Florida. Ons het gister, 30 Januarie 2017, verneem dat my aansoek suksesvol was en ek het die bevorderingspos aanvaar. My vrou bly egter steeds by Hoërskool Jan Viljoen aan.

En neem dus met hierdie skrywe afskeid, na bykans 17 geseënde jare, as trotse hoof van Hoërskool Jan Viljoen. Hoerskool Jan Viljoen is my alma mater waar ek as leerder, hoofseun, beginner onderwyser en as hoof, daagliks in die lief en leed van my Janna-familie gedeel het. Ek bedank elke ouer, oud-Janna, oud-kollega, huidige leerders, personeel en skoolbeheerliggaam vir die ongelooflike lewensreis wat ek saam met u beleef het.

Ek verseker u dat Hoërskool Jan Viljoen, danksy ‘n uiters bekwame skoolbestuur, personeel en skoolbeheerliggaam, steeds op koers sal bly en van krag tot krag sal gaan.

Al sprei ek my vlerke, bid ek dat God sy groot genade en seën steeds oor Hoerskool Jan Viljoen sal uitstort, soos Hy daagliks doen. Hoerskool Jan Viljoen was vir my net goed en sal altyd na aan my hart bly.

Spreuke 16:9 sê: “‘n Mens beplan sy koers, maar die here bepaal sy bestemming”.

Ek groet u.

Related Articles

Back to top button