Opinion

Ons hoop die gemeenskap luister

Talle verslaafdes uit gebiede soos Kagiso, Munsieville en die breër Randfontein word tans gerehabiliteer.

Verskeie jeugdige dwelmverslaafdes in Toekies het aan hul vingers oor die afgrond gehang en geskreeu vir hulp. Deur beskikking is hulle gehoor voordat hulle die hanggreep laat vaar het.

Enrico Bhana en sy vyftiental vrouewerkspan van Wawa het hierop ag geslaan. Soggens vroeg, voor kantoorure verkeer hulle eers in intense gebed vir die gemeenskap voordat hulle hul dagtake aanpak.

In samewerking met plaaslike medikus, dokter AH Ismael het hulle die dwelmgevare op hul kennisgewingsborde uitgestippel: “Sê nee aan dwelms!” en het die dokter in my teenwoordigheid die vernietigende dwelms soos tik, nyaope en marijuana in tekenskrif op sy muur aangebring.

Talle verslaafdes uit gebiede soos Kagiso, Munsieville en die breër Randfontein word tans by ‘n plaaslike [psigiatriese versorgingsplek] gerehabiliteer.

Ouers smeek die gemeenskap om die toekoms van die jeug in ag te neem en hulle te weerhou van hierdie [vernietigende gewoonte]. Ons hoop die gemeenskap luister.

Related Articles

Back to top button