Waglike stank hang oor woonbuurt

Daadwerklike optrede deur die inwoners en gekose raadslede word vereis.

Derrick Greva McCuur, voormalige stêrsokkerspeler en ook die seun van uitgetrede kunsonderwyser Foxy McCuur, is hewig gegrief oor die rommelophoping reg agter sy woonplek.

Al sy klagtes aan die munisipale owerhede het op dowe ore geval en die situasie begin met tragiese gevolge hand uitruk.

‘n Walglike stank van verrotting hang deurentyd in die lug en sy bure en die nabygeleë Anglikaanse Kerk (ook ‘n sopkombuis) lewe en aanbid feitlik op ‘n onwettige stortingsterrein.

Die bestaande beheermaatreëls word nie amptelik toegepas nie en die toesighouers rus op hulle louere. Juffrou Mary-Anne, wat aangrensend aan die chaos woon, is ontstoke oor die onverantwoordelike optrede van die morsjorse wat nie die gesondheidsrisiko vir andere in ag neem neem nie.

Dalk sal verskuilde kameras of voorgelegde selfoonopnames die probleem hokslaan, meen Greva.

Vullishope is die broeiplek van gevaarlike siektes soos cholera en kieme, als te wyte aan die storting van gebruikte kondome, babadoeke, hondedrek en menslike ontlasting en urine.

Die gemeenskap is besig met selfvernietiging.

Talle sieklike bejaardes gaan swaar gebuk onder hierdie wanhopige situasie en daadwerklike optrede deur die inwoners en gekose raadslede word vereis.

Exit mobile version