Wiele van die portefeulje ‘Padveiligheid’ het afgekom

Maak nie saak oor watter afdeling/ kategorie/ aspek van padveiligheid gedebatteer wil/ moet word nie, die hele stelsel is in chaos.

Geagte redakteur.

Ek sal nou, met wat ek wil sê, baie versigtig moet wees.

Dit gaan oor die sogenaamde owerhede en amptenare met betrekking tot padgebruik tans in die RSA.

Dis ‘n feit soos ‘n koei dat die wiele van die portefeulje ‘Padveiligheid’ totaal afgekom het! Maak nie saak oor watter afdeling/ kategorie/ aspek van padveiligheid gedebatteer wil/ moet word nie, die hele stelsel is in chaos – deur en deur!

Geen maar geen orde heers nie. Nie net in Randfontein nie – oral, landswyd!

Wat skort is nie nou ter sake nie want die Herald is te dun en te min om alles te dek – en elkeen van ons het persoonlike ondervinding van hierdie genoemde chaos.

Hoekom moet ek versigtig wees met hierdie skrywe? Bloot omrede die sensitiwiteit daarvan.

Sien, moontlik lees iemand hierdie skrywe (goed erken, dit moet immers geplaas word) wat met rou wonde worstel as gevolg van die plasing/ siening van die redakteur op bladsy 4 van gister se Herald: A tragic 1 714 fatalities during the festive season – wat ek met vrymoedigheid graag sal verander na: A blessed only 17 14 fatalities during the festive season.

Exit mobile version