Opinion

Ons is trots op jou Alwyn

Baie dankie Alwyn vir jou spoedige reaksie.

Hiermee wil ek Alwyn van Tonder, hoof van die DA en raadslid hartlik bedank namens my en Randpoort Villas-inwoners vir die flinke diens wat ons van hom ontvang het.

Van 22 tot 29 Desember het ons gesukkel met dreine wat verstop was. Die gemors het tot in die straat uitgeloop en by sommige inwoners se wasbakke uitgekom.

Na vele oproepe van my en ander inwoners het ons steeds geen hulp [van die munisipaliteit] ontvang met die morsige situasie nie! Ek het Alwyn die 29ste geskakel en binne 10 minute was die mense hier en is alles opgeklaar. Baie dankie Alwyn vir jou spoedige reaksie.

Mag jy nog lank vir ons DA-ondersteuners en Randfontein intree.

Ons is trots op jou!

Related Articles

Back to top button