Opinion

Mooi loop, Oom Blou

Vaderfiguur van Trudy's Nest, alias 'Oom Blou' is nie meer nie.

Joseph Mothlanke, 90, die steunpilaar en vaderfiguur van Trudy’s Nest, alias Oom Blou is nie meer nie.

Na ‘n besoek aan sy kinders in Lichtenburg is die oom as vermis by die polisie aangemeld. Etlike dae later is sy ontbinde lyk op ‘n nabygeleë oop stuk grond deur verbygangers aangetref. Skynbaar ‘n tref-en-trap geval.

By die jaareindafsluiting van die bejaardes by die nessie was sy leë sitplek treurig opmerklik, slegs ‘n jaar na die dood van sy medesorggewer, Collin Dickons gedurende dieselfde tydgleuf. Dit was ook die afsluiting van sy geseënde lewensjaretelling.

Dit is moeilik om sy kinders se behulpsaamheid in die gemeenskap mis te kyk. Onvervangbaar, nes hyself. By die kerke en skole, begrafnisse, sopkombuise en selfs die taxibedryf. ‘n Oneindige lys.

Doreen du Toit, die blanke hulpbron van die nessie gaan hom beslis mis. Dit was hy wat haar altyd deur tydens samekomste met ‘n glimlag ontvang het. Treurvol! Dit sal ons bybly …

Mooi loop Oom Blou en rus.

Related Articles

Back to top button