Al hoe meer vroue rol hul mou op

Na aanleiding van die gepubliseerde pleitskrif: 'Toekies moet saam bid', het meer vroue in ontferming hulle moue begin oprol.

Swart Vrydag op 25 November was heel toevallig ook die afskop van die 16 Dae van Aktivisme van Geen Geweld teen Vroue en Kinders.

Na aanleiding van die gepubliseerde pleitskrif: Toekies moet saam bid, het meer vroue in ontferming hulle moue begin oprol.

Die samekoms by die St Joseph’s Anglikaanse Kerk het hiervan getuig. Die skrifgedeelte in Rigters 5 vers 7 was hier verwerklik: “Leiers het ontbreek in Israel, ontbreek; totdat ek, Debora, ek ‘n moeder in Israel opgestaan het”.

Dit was ook die dag van die witlintdiens waartydens almal teenwoordig met ‘n vredesborslint gepronk het. Die hoofgebed was vir geregtigheid, genesing en hoop.

‘n Oomblik van stilte en nadenke is gehandhaaf en het met die kersaansteking gepaard gegaan. Dit in oordenking van Magareth Dickson (my skonie) se roerende getuienis oor die vermoording van haar ma deur haar pa in haar kinderjare. Alles weens gesinsgeweld, ‘n pyngedagte!

Offisier Musi Lobela van die polisie het nes sy eweknie, Enrico Bhana van Wawa by die gemeenskap gepleit om met hul griewe vorendag te kom.

Die geleentheid is afgesluit met ‘n sewekleur-ete en ‘n gesamentlike gebed vir vrede.

Na die vonds van ‘n gruwelstroping het brigadier Jacob Manamela die gemeenskap gesmeek om saam te bid vir oorlewing.

Exit mobile version