Hoe lank gaan ons nog sonder water sit?

Ons is nie ingelig of dit waterbeperkings is, en of die munisipaliteit aan pype werk nie.

Ek’s ‘n inwoner van Hillshaven en ek epos vandag (24 November) hierdie brief met soveel vrae waarop ons geen antwoorde kry nie.

Dis nou al vier dae dat ons, asook Westonaria, geen water het nie.

Ons is nie ingelig of dit waterbeperkings is, en of die munisipaliteit aan pype werk nie.

Die skool hier kom nou 10uur uit as gevolg van die waterkrisis wat higiëneprobleme kan veroorsaak as gevolg van toilette wat nie kan spoel nie!

Niemand van ons weet wat aangaan nie, nie eens die skool nie. Daar is niks vir ons gesê nie – niks kennisgewings, niks in die koerant nie!

Hier is ‘n watertrok wat water verskaf aan Hillshaven, maar dié het ook hul eie tyd. En wanneer hul uiteindelik hier is, staan daar rye en rye mense vir water. Sommiges kry nie eens water oor die lang rye nie. Gisteraand het mense met sambrele in die reën gestaan met emmers en gewag vir water. Ek voel net dis ons reg om te weet wat aangaan.

Hoe lank gaan ons nog sonder water sit? Hoe lank voor siektes uitbreek?

Kan julle asseblief net ondersoek instel oor wat die probleem is?

Exit mobile version