Opinion

Spiertiere moet leer om hulself te gedra

'Randfontein se jong mans moet net leer om hulself te gedra.'

In Randfontein is die jong mans net te erg.

Ons was een Saterdag by ‘n gewilde kuierplek in die dorp, heel rustig vir net ‘n paar drankies en ‘n bietjie dans. Toe ons besluit het ons gaan huis toe, word ons deur vyf jong mans aangevat.

Ek skat hul ouderdomme so tussen 25 en 30. Ons het hulle gevra om ons net te los dat ons kan ry.

Die een man het opmerkings gemaak oor my en my vriendin. Daar was ook ander mans wat my man en sy vriend probeer aanvat het. Na ons die derde of vierde keer gevra het dat hulle ons moes los, is ons aangerand.

Ek wat ‘n vrou is, is aan my keel gegryp en my man en sy vriend is geslaan. Daar was vyf mans teen ons drie. My skoonpa se bakkie (waarmee ons gery het) se voorruit is uitgeslaan. Hoekom kan mens nie net een aand uitgaan saam met pêlle nie, en dan gebeur dit?

Randfontein se jong mans moet net leer om hulself te gedra.

Randfontein-mense is eintlik baie aggressief, as jy my vra.

Related Articles

Back to top button