SA vandag – I rest my case

Net die volgende duisterhede sedert 1994 ...

Ek’s verward!

Ek’s deur al die jare nog ‘n getroue plaaslike en nasionale belastingbetaler en is aan niemand ‘n blou sent verskuldig nie.

Kan u of enige ander kundige/ kenner my asseblief van die presiese, volledige, geproklameerde wetgewing voorsien ter verduideliking van al die volgende duisterhede sedert 1994 – sodat ek dit nou vir eens en vir altyd móét aanvaar – te midde van onverklaarbare en geweldige verhogings in belastinggelde en lewenskoste:

• Die onbeskryflike verval van die land se infrastruktuur, gesondheidsfasiliteite en onderwys terwyl die staatskas tot oorlopens vol is juis vir die onderhoud en verbetering daarvan maar doelbewus verduister en gesteel raak (tesame hiermee die subtiele verwydering/ verbanning van die Christelike konsep uit onderwys)

• Die haat/ verwerping/ veragting van slegs een amptelike taal terwyl die ander tien vereer en bevorder word (so dankbaar Engels is gekies as ‘amptelike taal’ – sou dit nie kon verwerk het as Afrikaans so verkrag word nie

• Die totale verwoesting van pragtige tersiêre inrigtings wat met swaar verdiende belastinggelde gevestig is

• Die verwydering en afbetaling van hoogs gespesialiseerde kundiges uit strategiese bestuursposte vir sogenaamde regstellende aksie

• Die verwoesting en verval van die land se monetêre stelsel tot rommelstatus

• Die traak-my-nieagtige houding teenoor plaas- en dorpsmoorde

• Twee-en-twintig jaar se korrupsie/ geldverduistering/ kriminele aksies wat verskoon word because of apartheid

• Krag- en watervoorsiening en gesonde rioolstelsels wat moedswillig verwaarloos en verwoes word

I rest my case.

Brief verkort — Redakteur

Exit mobile version