‘n Lofoffer aan Die Koning van al die konings!

My Koning, wie is soos U? Wie kan met U vergelyk word? Wie kan met U na die gereg gaan? Wie het U al gesien en bly lewe? U weë en gedagtes is nie ons s’n – en wie kan aan U vra: “Wat doen U?” U slaap en sluimer nooit! Gedurigdeur koester U ons …

My Koning, wie is soos U? Wie kan met U vergelyk word?

Wie kan met U na die gereg gaan? Wie het U al gesien en bly lewe? U weë en gedagtes is nie ons s’n – en wie kan aan U vra: “Wat doen U?” U slaap en sluimer nooit!

Gedurigdeur koester U ons en skryf ons name, in sierskrif, in die Palms van U kosbare deurboorde hande sodat U ons nooit sal vergeet nie.

U word genoem: Blinke Môrester, soetste Roos van Saron, skoonste Lelie uit die Dale, Son van Geregtigheid, die Leeu uit die stam van Juda, die Alfa en die Omega, die Begin en Einde! Wonderbaar! Sterke en getroue God!

Ewige en liefdevolle Vader, ongelooflike Raadsman, Ewige en liefdevolle Vredevors.

Vader, my Koning, U is so hoog verhewe, net die soom van U kleed vul alreeds die aarde. Krom paaie maak U reguit en opdraandes maak U gelykpad. U het ons eerste liefgehad. Lank … voordat U ons kunstig in die moederskoot geweef het, het U ons geken, by die naam genoem en ons U eiendom gemaak. Met U spring ek oor ‘n muur, loop ek ‘n bende storm.

Rabbonie, Meester, hoekom is die mens se verstand so min, sy woordeskat so skraal en sy tong so kort om opreg aan U die eer en aanbidding te bring – want NET aan U behoort die koninkryk, die krag en heerlikheid tot in alle ewigheid.

Exit mobile version