Byname vir jou genot – Uit ‘n R’fonteiner se bek
Veral die wat deur skoolkinders uitdink is soms koddig.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/3/2016/02/Letters-new-Medium.jpg)
Byname – ‘n keur vir pret. Veral dié wat deur skoolkinders uitgedink word, is soms koddig:
Apie – algemene troetelnaam
Abie – ditto, ook vanuit voorletters
Ampie – kortbroek, plaasagtig
Asjas – kordaat kind
Aapsous – drank
Aries – Aardrykskunde op skool
Bolla – kort fris man – of vrou met bolla in hare
Baksteen – harde man, rugbyspeler
Blackie – van is gewoonlik Swart
Bokslagter – die wilde soort
Babes, Baby – algemene troetelnaam
Boorgatspook – ‘n lang maer, mansonderwyser
Blikore – rugbyspan
Boelie – sterk boelierige ou
Boetie – nie jou broer nie, noemnaam
Bakkies – geliefde rugbyspeler
Blikkies – algemene troetelnaam
Blokkies – ditto
Bollie – nonsens wat jy praat
Bossiedokter – kruiedokter
Buks – klein, tingerige mannetjie
Bolle rol – baklei of niks doen
Cheeky – cheeky rugbyman, ook parmantige vrou
Dimpie – klein mens, nie whiskey
Draadkar – lang, dun slot
Domkrag – sterk, brute krag, lyk nie te slim nie
Damduiker – duik drankbottels uit dam, 5 dae na betaaldag
Dronkgat – drink baie
Donkielong – trekklavier, kan ook konsertina wees
Dot – is seker Dorothea
Ertjies – algemene naam, soos fietsryer
Engel – lief vir hom of haar, spot ook
Flinkdink – slim, of dink hy/ sy is
Frischris – groot, pomp ook spiere
Gogga – algemene troetelnaam
Gabba – jou maatjie
Ghriespomp – rugbyspeler
Gatkruiper – kruiperige soort
Gatties – geskiedenis op skool
Hekkie – rugbyagsteman
Hemelbesem – lang slot
Hamer – bokser wat hard slaan
Hottie – iemand wat links sy ding doen
Juffrou de Dikkes – ‘n groot, vet juffrou
Janniejammergat – spreek vanself
Jakkals – slim, nie altyd skelm nie
Klippies – verwys nie net na diamante
Kleinjan – Jan se seun, nie klein nie
Kieretjies – net ‘n noemnaampie
Kleintjie – nie noodwendig klein
Kaspaas – snaakse rugbyheelagter
Karperd – stadige rugbyvleuel
Koekie – troetel- of spotnaam vir dame
Katjie – ditto
Karools – algemene troetelnaam
Kiewiet – ditto
Kanne – iemand met fris borste
Langfaan – groot, lang mansonderwyser
Loop en val – loop of hardloop snaaks
Loslappie – kan ook jou skelm wees
Mansapteek – bottelstoor
Maplotter – kom van die plotte af
Mossie – nie ‘n voël, kom van, van
Malie – geld
Os – sterk voorry of ander man
Pynpolisie – noodhulpman by rugby
Pik – politikus
Pyp – rook altyd pyp
Pikkie – ‘n klein outjie
Pinkie – ditto
Plasie – kom van die plaas af
Pop – jou geliefde, vroulik
Pops – ditto, kan ook ‘n man wees
Poplap – ditto, liefdeswoord
Pikkewyn – loop snaaks, ook net ‘n naampie
Rassie – van die van af
Rondomlelik – is heel lelik
Rooies – het rooi hare en of sproete
Spekkies – vet onnie
Speedie – vinnige vleuel of iemand. Ook verkeerspersoon
Stompie – kort of het ‘n vinger verloor
Spiere – sterk voorryman
Soekie – ‘n soekerige vrou of net troetelnaam
Skapie – troetelnaam vir eggenoot
Spyker – skerp, of doen dit baie
Spokie – altyd weg, of was alweer weg
Skelmpie – jou skelmpie
Siener – hy voorspel
Spanner – tevore ‘n tegnikus
Sparkie – elektrisiën
Spiekeries – hy of sy is of lyk goed
Slaptjips – lekker, en laat jou lekker kry, soos Springbok-vleuel
Spelonkmannetjie – snaakse outjie
Trompie – jong, amper plaasagtige seun
Tolla – komediant, nie ‘n os nie
Toffie – taai, lekker, kan gekou word, bynaam
Tiny – tog nie klein nie, bynaam
Tenk – groot, fris, sterk ou
Tarzan – ditto, ook mooi gebou
Tinkie – troetelnaam vir dame
Tokkie – troetelnaam, bynaam
Toks – troetel- of bynaam
Vlekkie – vlekke op vel
Varknek – wilde soort
Vossie – troetelnaam
Van – gewoonlik ‘n Vn der Merwe
Visvoet – kom van die Kaap af
Vrystaat Ferrari – beskeie motor, gewoonlik die vrou s’n
Vaatjie – man met ‘n boepie.
Vleis – eetlustige, groterige een
Wynvlieg – drink baie wyn
Wynkan – ditto
Wieletjies – kort, skraal, vinniglopende onderwyser
Worsie – troetelnaam
Witblits – vinnige een, vinnig verby
Woer-woer – skewe, swak skop, speel met jou