Opinion

Daar’s ‘n boosheid in Toekies

Oral heen is die gemeenskap hewig gegrief oor hierdie onsmaaklike toedrag van sake.

Toekomsrus is onvoorsiens deur ‘n onrusbarende boosheid oorval – gewelddadigheid en swetsery binne-in die kerke. Die oortreders is hoë, gesiene mense binne die gemeenskap.

In broederskap die volgende … Indien die Verenigende Gereformeerde Kerk ‘n verdere Renaissance wil verhoed, behoort hulle nadat hulle ingegaan het die deure agter hulle te sluit en dalk met God en mens versoen raak.

Die kerk is treurig reeds in twee verdeel: Die hernieudes voor by die ‘verenigendes’ en die gegriefdes agter by die Gereformeerde Kerk, met die twee aanbiddingsplekke opmerklik naas mekaar.

‘n Ongelukkige vroeëre aantyging teenoor die gegriefde Dickson-verwantskap het tot hierdie ongewenste familiewegbreekaksie gelei.

Oral heen is die gemeenskap hewig gegrief oor hierdie onsmaaklike toedrag van sake. LW: Die uwe is aan ‘n Pinkster-genootskap verbonde.

Kort voor sy dood in 2014 het die vorige dominee, Arendz Stevens (my swaer) Mattheus 12:25 vanaf sy preekbasis aangehaal: ”n Huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie …’

Weemoedig het hy sy geëerde preekstoel verlaat en sy preek laat vaar. Hy’t ook verwys na die verdraaide tipe godsdiens wat ons tans beoefen. Dit laat menige mens ys.

Pynlik en tog menslik versoenbaar.

Related Articles

Back to top button