Opinion

Is ons op vuurhoutjies of is daar hoop?

Soos vantevore het ‘n kosbare storietjie sommer net gebeur.

Dankie tog.

Soos vantevore het ‘n kosbare storietjie sommer net gebeur. Met die skrywe brand die Suid-Afrikaanse vuurtjie vir my darem so ‘n aksie hoër.

Ek ry gou Randgate toe om ‘n bietjie van daai onder-die-tafel, dus goedkoper nikotienstokkies in die hande te kry. So is ek na Vrouedag en die swak rolbal wat ek gespeel effe ingedagte.

Daar is nie genoeg parkeerplek nie. Ek roep die mannetjie nader wat veronderstel is om [voertuie] op te pas en besluit sommer om dit anders te doen. Die storie agter die storie is dat ek eintlik ‘verkeerd’ gestop het, sien. Gee toe vir Gawie – ‘n Afrikaanse seun wie se gesig ek ken – vinnig geld en seg “gaan koop asb by daai doer oorkant vir my drie pakkies”.

Hy is gou daar weg en ek staan ewe buite die motor met sy luierende enjin en wag. Toe is daar ‘n kaleidoskoop van mensies wat by ‘n heel besige winkel in- en uitbeweeg. Party dun, ander totaal oorgewig, sommige nugter en ander dronk, met of sonder tatoes, meeste ongeskik of ongemanierd. In die paar minute word vir my die agste wonder hoe party dames hulleself in daardie jeans ingekry het!

My maatjie kom terug, gee vir my drie pakkies en ‘n klomp kleingeld. Vra vir my “oom wil net drie pakkies gehad het”? Donker, vlietende gedagtes. Bevestig en hy sê “oom het my te veel geld gegee, dié is oom se kleingeld”. Toe kyk ons mekaar in die oë en ek seg dankie. Skakel toe die enjin maar af, breek ‘n pakkie oop en bied hom een aan. Wou verder leer oor en kyk na die mens wat hier voor my staan.

Dinges is dat ek nie ‘n aansteker by my gehad het nie. Hy sê “skuus oom ek is op vuurhoutjies, daar waar ek slaap het iemand laasnag my aansteker geneem”.

Is ons op vuurhoutjies of is daar hoop?

Related Articles

Back to top button