Opinion

Kan die voornemende raadslede asb opstaan

Kan iemand tog iets doen aan hierdie helse agtergeblewe buurt van ons.

Toekomsrus is in ‘n koue oorlog met homself gewikkel.

Die plakkaatversierde lamppale wat soos kersbome in ons strate pronk, getuig van verdeeldheid en konflik onder die verskeie partye (vyf) in ons gemeenskap.

Hierdie aanvegtinge het nou letterlik tot klapuitdelery en uitstappery selfs by kerkdienste sy lelike kop uitgesteek.

Die vuilspel van politiek … ‘n Cope-woordvoerder en raadslid het hierdie gewaarwording beaam. Kan die voornemende raadslede asb opstaan en gehoor word?

Die politieke stilswye is oorverdowend. Platweg word gevra, “Wat maak hulle vas in die kantoor? Wie is hulle?” Skertsend het ‘n byt-sku potensiële kieser aan ‘n stemwerwer gevra: “Waar is jy so skaars?” [sic]

‘n Munisipale grap iewers gelees lui: Geagte inwoner, met verwysing na u klagte rondom die oop mangat in u kontrei. Ons is besig om daarin te kyk. Die stilte is verbreek.

‘n DA-kandidaat in Wyk 10 is die werklike remskoene wat die kritici nie wou noem. Rondom Toekies die volgende: ‘n Uitgediende begraafplaas; man-/ slaggate te midde van glimlaggende kandidate op lamppale, ongebruikte kleinsakestalle, laekostebehuising, ongewenste rommelstrooiing en publieke toiletgeriewe.

By dienssentrums, onbegaanbare strate en geen behoorlike taxi-skuilings op reëndae nie. En dan … uitgedoofde hoëmas-beligting wat die skuilplekke van booswigte gerieflik verdonker het.

Die maghebbers sit agter geslote deure en viool speel terwyl die stad brand. Kan iemand tog iets doen aan hierdie helse agtergeblewe buurt van ons?

Related Articles

Back to top button