Opinion

Yusuf Dadoo ‘n skande vir die mediese professie

Die hospitaal het ‘n lang geskiedenis van wanbestuur, swak mediese sorg, beperkte bronne en medisyne.

Dit is ‘n skande dat pasiënte moet ly terwyl mediese personeel by die Yusuf Dadoo Hospitaal in Krugersdorp vir die soveelste keer besluit het om te staak.

Die hospitaal het ‘n lang geskiedenis van wanbestuur, swak mediese sorg, beperkte bronne en medisyne. Daar is steeds ongekwalifiseerde personeel wat na pasiënte omsien.

Ek monitor die situasie al lank en het verskeie briewe aan die Provinsie geskryf – sonder enige sukses.

Die Departement van Gesondheid sal drasties moet ingryp om die situasie te red. Enige mediese personeellid wat bereid is om te staak oor verskille met hospitaalbestuur of persoonlike kwessies moet eerder nie in die mediese professie werk nie.

Pasiënte is op hulle sorg aangewese maar soos met soveel ander kwessies in Suid Afrika, neem die regering niks ernstig op nie. Menselewens is waarskynlik ‘n bysaak vir ministers en senior beamptes in beheer.

Ernstige probleme by provinsiale hospitale het baie lank al dringend aandag nodig. Daar word baie gepraat en beloftes gemaak van die regeringsbeamptes se kant af. Dit bly egter leë beloftes.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button