Opinion

Toon respek teenoor jou medemens

...of kry 'n grot om in te plak!

• Die waarheid maak seer skryf:

Toon respek teenoor jou medemens of kry ‘n grot om in te plak!

Dit is Sondag 26 Junie, ‘n dag wat veronderstel is om ‘n rusdag te wees asook ‘n dag om vir die Liewe Vader dankie te sê vir al die pragtige dinge wat ons van hom af kry – maar nee, ongeveer 20:30nm is daar die verskriklikste huismoles in een van die woonstelle by Helikon Mews.

Gille van angs weergalm, vuiste klap, die lelikste taalgebruik, meubels en glas wat breek maar die ergste van als is ses klein kindertjies van ongeveer vier jaar oud wat huil en skreeu van angs.

Ag nee man, watse waardes het julle? Ja, julle ma’s en pa’s wat so optree. Drank verdra mos nie onreg nie, of hoe?

Kry maniere en word groot! Ons werk ook hard om ons ou blyplekkie te betaal. Hoekom moet ons, onsself en ons kinders blootstel aan sulke gedrag?

Ons is moeg vir bure wat nie ander kan respekteer nie. Vat julle goed en gaan bly in ‘n grot, maar los die kinders en gee hulle maar eerder vir iemand wat weet wat dit verg om ‘n ouer te wees en wat weet hoe om sy medemens te respekteer!

Die uwe

Related Articles

Back to top button