Opinion

So ‘n tuinhulp sal jy nie agter elke bossie uitkrap nie

Dankie dat jy duidelik nie soos andere net vir die fooi gewerk of afgeskeep het nie.

As jarelange tuinboumens was dit maklik en lekker om met ‘n anderkleurige te jel en saam te werk.

Dit was blote toeval dat ek hom gekry het en was aangenaam verras met die persoon self en dan sy tuinboukennis en entoesiasme.

So ‘n tuinhulp sal jy nie agter elke bossie uitkrap nie.

Die trots, keurigheid en entoesiasme met ryke ervaring waarmee hy my sonder stop op ‘n sonnige Saterdag in ‘n dorpstuin vergas het, is iets om te onthou.

Duidelik was die man nie net daar vir sy R150 nie. Ons kennis van tuinbou het saamgevloei en ons menswees het ontmoet hier in Helikonpark.

Ek vra met vae ogies – Liewe Heer skenk nog meer.

Dankie dat jy duidelik nie soos andere net vir die fooi gewerk of afgeskeep het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button