Opinion

Help asb! Slaggate ‘n groot probleem

Dit is 'n skande dat ons arme mense moet belasting betaal maar kyk hoe lyk die pad.

Goeie dag, graag doen ek ‘n beroep op u ivm die slaggate en ook die munisipaliteitrekeninge.

Jul joernalis het foto’s geneem en ‘n artikel geplaas oor die slaggate in Willem- en Pierneefstraat. Dit is ‘n skande dat ons arme mense moet belasting betaal maar kyk hoe lyk die pad. Jinne mense dié is ‘n noodkreet, ons is mense wat slegs ‘n pensioen verdien. Hoe kan ons oorleef?

Ek het in een van die slaggate ingery. In Willemstraat naby die stopteken het my band gebars nadat ek moes uitdraai vir ‘n groot vragmotor. ‘n Nuwe band is R590 plus ‘n mag wat herstel en vervang moes word.

Gawe mense het dit al self met sement in Willemstraat opgevul. Nee, iets moet gedoen word.

My ander probleem is … Hoekom word daar munisipaliteitrekeninge uitgestuur en die vorige maand se betalings is nie afgetrek nie? Kan iemand vir ons sê hoekom en waarom asb.

Redakteur, jy en jou span doen goeie werk vir ons inwoners, help asb.

Related Articles

Back to top button