Opinion

Waar is die munisipaliteit se slaggat-voertuig?

Weet iemand dalk wat het van die voertuig geword?

Nie te lank terug nie het die munisipaliteit ‘n spesiale voertuig aangekoop, of moontlik gehuur, om die slaggate te vul.

Dit het voorgekom of die voertuig goed gewerk het.

Skielik is die voertuig nêrens te sien nie. Weet iemand dalk wat het van die voertuig geword?

Intussen is die paaie in ‘n ernstige graad van vervalling. Dit is nou die droë seisoen, wat ideaal is om die slaggate te herstel, maar daar is geen teken van reparasies aan die paaie nie.

Miskien kan die persoon wat in beheer is van die paaiedepartement vir ons wat belastingbetalers is verduidelik wat aan die gang is.

Een ding is seker, ek weet vir wie ek nie sal stem in die volgende munisipale verkiesing nie.

Related Articles

Back to top button