Afrikaans is ons vloek-, baklei- en bidtaal!

Binnekort is ons dalk Midrandfontein of die ingilse Fifty Cents Fountain.

Met die aanloop tot die munisipale verkiesing is die spanning besig om op te laai. Dit het gelei tot die totstandkoming van die nuwe AWB in Toekies.

Hulle is die gegriefde Afrikaanse Weerstandsbeweging wat hulle daarvoor beywer om alles rondom die sterwende Afrikaans met walging die ewigheid in te stuur.

Toekomsrus is hoofsaaklik ‘n Afrikaanse gebied met die inheemse tale in die minderheid. Vermy eerder die sing van die Volkslied.

Hoe stem jy nou vir ‘n party wat jou taalgebruik in Godsdiens- en skole-onderrig met taalwoede in die niet wil laat verdwyn?

Selfs die oorgrootte meerderheid Anglikane en Katolieke is Afrikaanssprekend. Bewys my verkeerd en daag my voor die hof!

So tussen hakies: Ons geniet boeretroos en beskuit soggens, boerewors by ons braai en boerpampoen by ons aandete.

Tussendeur peusel ons aan biltong en koeksisters, danksy ons konserwatiewe Afrikanerboeties se oorlewing. Hoe sê jy nou: ‘Die magistraat kan gaan doppies blaas’ in ‘n ander taal? Daar bestaan wel ‘n verbruikersvriendelike vertaling vir voertsêk: Maak soos beesmis en val in die pad …

Afrikaans is ons vloek-, baklei- en bidtaal!

Tydens ‘n regeringsbyeenkoms hier het ‘n andertalige deurentyd Afrikaans gepraat totdat die ‘herwinde’ Afrikaanses begin vissies spoeg het.

Selfs die dominees preek deesdae ‘ingils’, geen wonder niemand sing meer saam by begrafnisdienste nie omdat slegs die ander tien amptelike tale hier ‘gehoor’ word.

Een eksklusiewe Afrikaanse verkiesingsplakkaat klink darem ‘n bietjie kiesersvriendelik, ‘Stem vir verandering’ – natuurlik!

Dorps- en straatname in Westergloor moet lig slaap. Binnekort is ons dalk Midrandfontein of die ingilse Fifty Cents Fountain.

Exit mobile version