Opinion

Randfontein se paaie lyk sleg!

Ons eers trotse dorp gaan al hoe meer agteruit.

Die afgelope 22 jaar is daar net een pad in die dorpsgebied wat ‘n goeie laag teer gekry het. Dit is Lazaarlaan, net die gedeelte aan die meer se kant. Van die verkeerslig af by die meer tot by Frans du Toit-apteek is nie geteer nie.

Dit is hoekom ons dorp se paaie in so ‘n toestand is. Kan daar nie net so ‘n paar strate per jaar geteer word soos in die verlede nie?

Ag nee wat. Hoe moet ons paaie nog lyk voordat dit gaan aandag kry?

Die opvul van gate kos net onnodige geld. Waar het die geld vroeër jare vandaan gekom? Die paaie is gereeld geteer sodra dit nodig was. Gate in die paaie het ons nie geken nie.

Ons eers trotse dorp gaan al hoe meer agteruit.

Selfs Westonaria wat ‘n kleiner dorpie is, se paaie lyk beter. Hulle tuine is beter en mooier; hul paaie is skoner en netjies.

Hoe kry hulle dit reg?

Related Articles

Back to top button