Opinion

Toestand van ons paaie onstellend

Dit is tans uiters gevaarlik om in die dorp te ry.

Ek kan nie anders nie as om my onsteltenis met die huidige toestand van ons paaie en strate in Randfontein op skrif te stel nie.

Dit is tans uiters gevaarlik om in die dorp te ry en hou groot gevaar in vir gebruikers en hul voertuie. Dit maak mens woedend om te dink dat niemand in die raad omgee of iets doen nie. Die ANC in die eerste plek omdat hulle in beheer is en ek wonder hoe enigiemand met ‘n greintjie verstand vir hulle kan stem.

Die ander partye is egter ook skuldig want hulle doen skynbaar niks daaraan nie. As julle aanhou om dieselde dinge te doen gaan julle aanhou om dieselfde resultate te kry.

Iets drasties is nodig soos om die problem verder as die raad te neem indien hulle te onbevoeg is. Daar is tog meer opsies en dit is hoog tyd dat ons verneem wat julle gaan doen of het julle geen plan nie?

Indien julle ons stem wil hê gedurende die verkiesing in Augustus moet julle dit verdien.

Ek kan myself nie assosieer met raadslede wat onmagtig is om aksie te neem nie en wat skynbaar tevrede is met die huidige patetiese situasie.

Die toestand van die paaie versleg voortdurend omdat water insuipel in die gate en uiteindelik meer en meer skade veroorsaak. Dink daaraan hoe gaan dit wees in die toekoms indien daar nie drasties opgetree word nie.

Daar moet dringend planne gemaak word in die kort , medium en lang termyn. Indien julle geen beplanning het nie beroep julleself op die inwoners van hierdie dorp om julle te help met voorstelle of vra Afriforum om die gate te kom toemaak want hulle het sulke planne wat werk.

Related Articles

Back to top button