Opinion

Onderrig in Afrikaans se dae is getel

Ons as ouers en grootouers moet wakker skrik.

Ons as ouers en grootouers moet baie vinnig wakker skrik want ons skole gaan in die naam van transformasie, nasiebou en nie-rassigheid oorspoel word deur leerlinge wat nie eers noodwendig Engels kan praat nie.

Laat dit nie u as ouers mislei nie. Die dae van onderrig in Afrikaans se dae is getel – van 16 Junie 1976 om presies te wees.

Die #Afrikaans must fall veldtogte by verskillende universiteite het dit so ‘n goeie momentum gegee dat dit uitgebrei word na Afrikaanse skole. Moet ook nie mislei word deur politici en ander niewinsgewende organisasies wat sê dat dit nooit sal gebeur nie.

Let net in die Randfontein-omgewing op hoeveel skole wat eers Afrikaanse skole was nou heeltemal ontwrig is. Kom ons sluit maar sommer die Engelse skole in want vir die LUR gaan dit nie om Afrikaans nie, dit gaan om algehele verdringing by staatskole terwyl by die 80 persent van skole in die swart gebiede wanfunksioneel is.

Die LUR vir onderwys in Gauteng het verklaar dat hulle beoog dat daar in die jaar 2030 geen Afrikaanse skole meer sal wees nie; klink dit baie ver in die toekoms?

Nee, as u kinders in die laer grade het, sal dit hulle in hul hoërskooljare affekteer. Die beste gaan wees as ons as ouers en grootouers ons vyande baie ernstig opneem.

Die politikus gaan jou nie help nie, die kerk gaan jou nie help nie, die Taalkommisie gaan jou nie help nie, die Konstitusionele Hof gaan jou nie help nie – hul regters word almal deur die President aangestel en van onafhanklikheid is daar nie werklik sprake nie.

Al wat ons gaan help is deelname; en ek bedoel nie net deelname nie maar aktiewe, aggressiewe deelname want dit gaan nie so seer om onderwyskwaliteit nie, dit gaan om die gebruik van die hoofstroommassas om ons kinders uit die skole te verdring.

Hulle het ‘n fel stryd met geen weerstand teen Afrikaans in universiteite gevoer en nou toets hulle die waters rondom ons en ons kinders. Ons sal moet ernstig raak om dié boodskap aan die vyandige owerhede oor te gee: as julle aan ons kinders raak, raak julle aan ons, en ons is baie, baie ernstig daaroor.

Related Articles

Back to top button