R’fontein het wonderlike inwoners

'Nadat 'n gedeelte van ons woonstel afgebrand het, het Randfonteiners ingespring en gehelp waar hulle kon.'

Baie, baie dankie.

Vandag is my woordeskat hopeloos te beperk om werklik te sê wat ek wil sê.

‘n Gedeelte van die woonstel waarin ek en my broer gebly het, het afgebrand.

Binne minute het Wilma van die kompleks en die manne van Mapogo (net oorkant die straat) almal ingespring en die vuur begin blus.

Binne ure het my werkgewer (Jaco) en my kollega (Armand) en hordes mense van Randfontein my bygestaan met ‘n nuwe bed, beddegoed, klere, toiletware, kos en nog vele meer; maar die grootste van alles was die liefde en menslikheid wat ek van almal ontvang het.

Baie dankie aan julle almal – te veel name om te noem. Randfontein het wonderlike inwoners en is ‘n awesome plek om in te bly.

Exit mobile version