Wat van verkeerswette, mnr Mampondo?

Hoekom kan Randfontein nie 'n voorbeeld stel vir ander dorpe nie?

Ek wil graag die volgende vrae aan mnr Kenny Mampondo, die verkeershoof, rig:

1. Van wanneer af is dit wettig vir motoriste (veral arrogante taxibestuurders) om oor stopstrate en deur rooi verkeersligte te ry? Dit gebeur ten aanskouing van verkeersamptenare.

2. Daar word gekla dat motoriste nie bedagsaam met fietsryers is nie – snert! Hulle stop by geen stopteken of rooi verkeerslig nie. En as jy hulle aanspreek word hulle aggressief en vloek jou (iemand gaan nog uit hulle motor klim en ’n paar klappe uitdeel). Wat maak hulle so spesiaal? En word hulle raakgery, kry die motoris die skuld. Hulle betaal nie eers lisensiegelde nie.

3. Motorfietse (sonder nommerplate) doen presies dieselfde en quads neem die strate oor op naweke. Daar was iets gedoen in die verlede (dankie mnr Mampondo), maar hulle neem weer oor. Sommige is jong kinders saam met hul onverantwoordelike ouers. Hierdie is nie net lewensgevaarlik nie maar teen die verkeerswette.

4. Waar is die verkeersamptenare?

Hulle sien dit elke dag gebeur en doen niks daaraan nie.

Om in die Wimpy te sit en eet gaan nie help nie.

Daar word spoedlokvalle ooral opgestel en dit is sigbaar. In werksure word inkopies gedoen, kinders word by skole gehaal met verkeersvoertuie.

Hoekom kan Randfontein nie ‘n voorbeeld stel vir ander dorpe nie?

Exit mobile version