Opinion

Toekies deesdae koud, stil en sonder ‘n stem

Deesdae is dieselfde toegewyde gemeenskap die voorwerp van bespotting van die wêreld.

Toekomsrus het gedurende die oproer van 1990, onder die vaandel van die ANC, die grootste opmars ooit na die Randfontein Stadsaal geloods.

Dit het gevolglik gelei tot die wreedaardige moord van ANC-aktiviste Jones Otto en Anton Witwolf Rooskrantz, deur die opposisie partye.

Die hoofoptelpunt van busse en taxis is hierna vernoem tot Jones Square. Getrou het die lojale gemeenskap jaarliks herdenkingbyeenkomste hier gehou.

Toekomsrus was tot daardie tyd ‘n ANC-magsgebied.

Deesdae is dieselfde toegewyde gemeenskap die voorwerp van verspotting van die wêreld en vul nou die rol van verwaarloosde en agtergelate toeskouers.

Koud, stil en sonder ’n stem. Van daar die verbrokkeling tot die DP, NP, ID, DA en nou selfs die PA en EFF.

Dit het ook gelei tot meer konflik onder ‘n eens verenigde gemeenskap wat vroeër in stryd was met die idiologieë van andersdenkendes.

Aan die einde van die treurspel sit hulle nou sonder ‘n polisiekantoor, ‘n gimnasium (vir oefeningsdoeleindes), ‘n onbereikbare sportstadion, en helaas RDP-behuising. Soveel ywering en verliese vir niks.

Dankie.

Related Articles

Back to top button