Opinion

Hond raakgery: Wat van die mense se welsyn?

Pasop om vinger te wys, baie wys terug na jou toe.

Aangaande die bestuurder wat ’n hond raakgery en weggery het, die volgende.

Dit is so maklik om jou eie gevolgtrekkings te maak en vinger te wys.

Wie sê die man het die hond gesien? Wat van die hondeienaar wat die skuldigste is? Hoekom was die hondjie nie toegemaak nie?

Kla eerder die eienaar aan as die man met die Toyota Etios.

As hy remme aangeslaan het kon iemand dalk in hom vasgery het en duisende rande se skade tot gevolg gehad het en dalk mense beseer het? Wat van die mense se welsyn?

Pasop om vinger te wys, baie wys terug na jou toe. God se Woord sê, jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ja, as hy van die hondjie geweet het, moes hy gestop het as die pad en verkeer dit toegelaat het.

Jammer oor die hondjie, maar ek hoop eienaars lees hierdie.

Jesus liefde.

Related Articles

Back to top button