Bejaardes: Dankie taxibestuurders

Taxibestuurders het verseker dat die bejaardes van Trudy's Nest hul uitstappie na die Krugerwildtuin terdeë geniet het.

Die toesighouer van die taxibestuurders in Toekomsrus, Ernest Padyachee, het verseker dat die bejaardes van Trudy’s Nest hul uitstappie na die Krugerwildtuin in veiligheid bereik en hul pretdag terdeë geniet het.

Hy’t selfs na ’n gebedsessie sy drywers gevra om ‘mooi’ te ry.

Onder die donkerwolk van belediginge rondom die taxibedryf het Edward Fonseca en Clifford Rosman hulle eerbiedig van hul taak gekwyt.

Die uitbundige bejaardes het met hul kulturele danspassies, pittige sê-goed en uitbeeldinge van Kakamas tot by Riemvasmaak, vrolikheid aan die dag verleen.

Hulle’t selfs ook rassegrense oorbrug en vriendskapsbande met die andertalige veldwagters geknoop.

Almal het gedans, gelag en geëet om die volmaakte dag af te sluit.

Nadat die wagte onder toetergeklank gegroet is, het Trudy tydens die terugrit die drywers bedank vir hul geduld en verantwoordelikheidsin was onvergeetlik.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version