Wie is jy in Jesus?

Jesus het jou lief. Ja, jy wat op drugs is, verslaaf is, op die straathoeke geld maak.

Die dag wat jy jou hart vir die Here gee, jou sondes voor Jesus bely en laat staan en jy neem Jesus Christus aan as jou persoonlik verlosser en saligmaker besef jy wie jy is.

Jy is Jesus se kind, sy erfgenaam en duur gekoop deur Jesus se bloed.

Besef jy jy is uniek en God het jou met ’n doel op aarde gesit? Jy is nie ’n fout nie. God maak nie foute nie en God kan ook nie lieg nie. Soveel van ons mense loop met seer, verwyte en letsels. Ons besef nie Jesus het ons so lief nie.

Soveel mense pleeg selfmoord omdat ons nie na ander uitreik nie.

Ons is so toegespin in ons eie ek dat ons nie besef hoe stukkend die mense om ons is nie.

Ek daag almal uit, maak nie saak wie jy is nie – kom ons vat hande en tel die gewondes op en bid vir hulle.

Nêrens in die Woord het Jesus iemand te na gekom of seergemaak nie. Maar ons as mens is vlees moet ons vlees kruisig en begin lewe in die Gees. Ons moet dít bedink wat daar bo is, nie wat op aarde is nie.

Jesus het jou lief. Ja, jy wat op drugs is, verslaaf is, op die straathoeke geld maak.

Jesus het jou lief en moet jou nie minder ag nie, want God se woord is vol beloftes; maar jy moet die eerste tree gee en God sal jou hand vat.

Exit mobile version