Opinion

Geskok oor Boet se brief

'Ek kan dit nie glo nie.'

Na aanleiding van die skrywe van Boet Snyman in die Herald van 4 Maart.

Ek is geskok oor die arrogansie en venyn wat die sogenaamde skrifgeleerde skaamteloos oordra in sy brief. Ek kan dit nie glo nie.

Wat steek jy weg dat jy so heftig reageer op die skrywe van Johan Smit – ’n prediker met ’n tatoeëermerk – so erg dat jy sommer besluit wie Bybel lees en wie nie?

In my Bybel 1933/1953 staan geskryf in 1 Korintiërs 3:16, “Weet julle nie dat julle ’n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig en dit is julle.”

Gaan lees gerus tot en met vers 20.

Ek sien jy bied aan om vir Johan Smit te leer om siele te wen, Mattheus 23:15 sê, “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak, en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.”

Is ons dan ontevrede oor hoe God ons geskape het? Wil ons die mense beïndruk met kleure en woorde ensovoorts op jou vel?Lukas 17: 1, “En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.”

Related Articles

Back to top button