Staatspensioentrekker trek swaar

In die drie jaar het hulle (die regering) dit net nog een maal verhoog.

Ek hoop iemand in beheer lees hierdie brief en kyk wat hy vir die oumense kan doen.

Ek en my vrou het drie jaar terug aansoek gedoen vir staatspensioen. In die drie jaar het hulle (die regering) dit net nog een maal verhoog.

Toe ‘n sekere komitee met die regering daaroor gaan praat het, wou die beampte in beheer weet wat die oumense met meer geld wil maak

Verbeel jou! Hulle lewe in weelde, ry met die grootste en duurste motors, bly in weelderige huise, hulle is vet gevoer; party van hulle se oë peul uit daarvan.

Die oumense wat jare lank belasting betaal het, word nou so afgeskeep. Toe ek gewerk het en miskien ‘n ekstra bonus verdien het, het hulle net nog ‘n groter hap daaruit gevat.

Ek hoop iemand kan regtig iets hieraan doen.

Exit mobile version