Die goeie kan uit die slegte voorkom

Die skrewe verlede week rondom: 'Die duiwel se speelplek' het uiteenlopende positiewe reaksie ontlok

“Spys het uit die eter gegaan, en soetigheid uit die sterke.”

‘n Neergelegde onthulling wat bewys dat die goeie uit die slegte kan voorkom, en ook ‘n geskrif wat aan Sondagskoolkinders bekend is en nie vuurpyl-wetenskap verg nie.

Die skrewe verlede week rondom Die duiwel se speelplek het uiteenlopend positiewe reaksie ontlok.

Voorbeelde hiervan is:

Mnr Hennie Botha het gesê, “Jy slaan die spyker op die kop. Die tantes wat voeding voorberei by die sopkombuise sê ‘Ditsem. Miskien sal iemand ons nou kop toe vat’.”

Mnr Foxy McCuur, ‘n afgetrede kunsonderwyser het gesê, “Kyk net hoe is my mure vervuil deur ‘laaities’ vir wie ek onderrig gegee het. Ek bid vir die beste.”

Mnr Ronnie Minnaar, wat eers by bendes betrokke was, het gesê, “Ons ontbreek baie. Godsdiensonderrig moet hervat word.”

Mnr Joseph White, ‘n professionele bokser en Ou Duncan, ‘n sokkerspeler het gesê, “Fasiliteite ontbreek en ons word nie gerugsteun deur die regering nie omdat ons nou die nuwe agtergeblewe gemeenskappe is. Politiek het alles beduiwel.

Dom Atchie Jacobs, ‘n voormalige Robbeneiland-gevangene en nou ‘n rolmodel wat kinders na skole vervoer, het sy lof teenoor die Herald besing, “Wel gedaan”.

By informele kringsittings word daar nou intense debat gevoer rondom hierdie aangeleenthede. Die spreiligte by die nuwe swembad is onlangs ter toetsing aangeskakel en die baddens is gevul.

‘n Baie mooi gesig! Daar is hoop.

Exit mobile version