Dankie mnr Maseko van Telkom

Binne twee dae is die fout opgespoor en die nodige herstelwerk is gedoen

Ek is van Jeffreysbaai en wil net aan julle wil noem dat my ma mev WJ van Wyk van Johnstonestraat 53, Randfontein 84 jaar oud en baie sieklik is.

Ons as haar kinders woon ver van haar af en moet daagliks met haar in verbinding tree.

Haar landlyn (Telkom) was van 18 Oktober 2015 tot en met 14 Januarie 2016 buite werking.

Die foutiewe lyn is feitlik daagliks gerapporteer, maar geen resultate is verkry nie. Ek het toe ‘n sekere mnr Maseko van Telkom (Randfontein) se nommer in die hande gekry en hy het toe iets daadwerklik aan die saak gedoen.

Binne twee dae is die fout opgespoor en die nodige herstelwerk is gedoen. My ma verdien ‘n medalje omdat sy so geduldig moes wag vir ‘n diens waarvoor sy moes betaal en nie gekry het nie, en mnr Maseko omdat hy geluister het na ‘n lid van die publiek wat werklik ‘n probleem gehad het en dit opgelos het.

By voorbaat dank.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version