Opinion

Ek verstaan nie die Easy Pay-sisteem nie

Ek verstaan nie hoe die kostes van die publiek verhaal kan word nie.

Die publiek word aangemoedig om hul munisipale rekenings deur die Easy Pay-sisteem te betaal. Daar is geen koste daaraan verbonde nie.

Alhoewel die betalings gratis is volgens die Easy Pay-webblad, verhaal die munisipaliteit die kostes op die maandelikse state. Ek verstaan nie hoe die kostes van die publiek verhaal kan word nie.

Die munisipaliteit se antwoord daarop is hulle verhaal die koste want hulle maak dit makliker vir ons om ons rekeninge te betaal. Die dame van die rekeninge-afdeling het ook bevestig die munisipaliteit sê nie vir die mense daar is kostes daaraan verbonde nie.

Daar mag dalk wel bankkoste verbonde wees vir ‘n besigheid om te registreer vir die Easy Pay-sisteem, maar as meer kliënte van Easy Pay gebruik maak bespaar die munisipaliteit alreeds deurdat hulle minder kassiere in diens hoef te neem.

Related Articles

Back to top button