Opinion

Op soek na my moeder se Bybel

Hierdie Bybel bevat onvervangbare en waardevolle herinneringe.

Om 10.50vm op Sondag 22 November 2015 het my moeder, ā€˜n pensionaris van Randfontein, na kerk, gou by ‘n slaghuis by die Greenhills Winkelsentrum gestop om broodrolletjies te koop.

Omrede daar geen parkeerspasie voor die winkel was nie het sy aan die kant oorkant ‘n hardewarewinkel parkeer. Toe sy terugkeer na haar Golf het sy gevind dat die deurslot gebreek en haar Bybel gesteel is.

My ma gebruik nou al letterlik dekades haar Bybel en maak gereeld aantekeninge daarin. Dit is vir haar baie kosbaar. My broer is onlangs oorlede en daar is verskeie items in die Bybel wat verband hou met hom en my pa wat ook redelik onlangs oorlede is.

Ek glo dat hierdie kriminele onder die indruk was dat die bybel dalk ā€˜n handsak of beursie was, en dat hulle daarvan ontslae sou raak sodra hul hul fout agterkom.

Hierdie Bybel bevat onvervangbare en waardevolle herinneringe, foto’s en ander items wat van groot sentimentele waarde is vir my ma en daarom wil ons vra dat enigiemand wat dit dalk optel, of enige inligting in verband daarmee het, my asseblief sal kontak by 082 8121877.

Related Articles

Back to top button