Opinion

R’fontein julle is tops

Die Worsbraai Koning is toe ‘n vrou.

Aan Randfontein Gemeenskap julle is tops!

Net ‘n paar woorde om groot dankie te sê. Eerstens aan Hoërskool Riebeeckrand, dankie vir die voorreg om jul skoolgronde te gebruik en vir al julle hulp. Dit gaan nie ongesiens verby nie.

Sonder borge kan jy ook nie ‘n kompetisie hou nie. Daarom ‘n spesiale dankie aan Rietchard Scrap Metals (eerste prys), EPR-Sekuriteitsdienste (tweede prys) en Ziman Slaghuis (derde prys).

Aan Pick n Pay Family Store Helikonpark en ander persone wat skenkings gegee het, baie dankie.

Die Worsbraai Koning is toe ‘n vrou: Alwyra Lange! Fred Gouws was tweede en Henry Hellerle derde. Donasies van wors en pannekoekdeeg is weer aan Sasha Tehuis geskenk.

Dan wil ek die Hondeklub van Westonaria bedank vir hul leersame en puik hondevertoning. Julle het ons almal geleer hoe ons met liefde ons honde moet hanteer en waarom hull ons beste vriend is.

‘n Groot dankie aan die beoordelaars, kunstenaars, uitstallers en elke persoon wat bygedra het om die dag onvergeetlik te maak.

Aan Maritza van Zyl dankie vir jou berigte in die Herald.

Ek dank ons Hemelse Vader dat Hy getrou is en dat Hy die dag moontlik gemaak het.

Related Articles

Back to top button