Geluk aan gestremde persoon wat bestuurslisensie slaag

Baie geluk Mariska van al jou familie en vriende.

Mariska het in 2013 besluit sy wil leer motor bestuur.

Sy is gestrem en was in Gateway-skool vir gestremdes. Toestemming is verkry by die verkeersdepartement dat sy mag leer bestuur.

Na drie leerlingbestuurslisensieboeke het sy haar leerlinglisensie gekry.

Maande se oefen en deursettingsvermoë het gehelp dat sy elke dag beter bestuur. Sy het haar beste gegee en met die hulp van Jozmarie-bestuurskool het sy al die parkerings bemeester.

Op 22 Oktober 2015 het sy haar bestuurderslisensie verkry.

Baie geluk Mariska, van al jou familie en vriende.

Exit mobile version