Aanhoudende geraas – help ons asb

'Respekteer asb die mense om julle.'

Ek vra hulp. Daar is rusverstoring in Randgate wat tot laat in die nag aanhou, altyd oor ‘n naweek.

Wie kan ek vra of kontak? Ek het al die polisie uitgekry maar sodra hulle ry begin die musiek en geskreeu weer.

Ek het ook verskeie kere by die eienaar gekla wat net niks doen nie. Ek is ‘n pensionaris en wil graag my rus kry maar die geraas hou net aan.

Almal in die omgewing kla oor die geraas maar dit hou net aan.

Help ons asb …

As ons met hulle praat sit hulle dit net harder en sê, ‘Die oumense moet ouetehuis toe gaan want dis waar julle hoort’.

Respekteer asseblief die mense om julle. Ek vra asseblief, julle weet wie julle is, om minder te raas en dit stop te sit.

Ek vra namens al die mense om julle. Neem ons in ag asseblief.

Exit mobile version