Opinion

Dankie vir hulp aan die Hoffmans

My hart loop oor van vreugde en ek bid dat die Here elke skenker sal seën.

Hiermee wil ek, Emsie Nicholson van Greenhills jou hartlik geluk wens met jou personeellid Maritza van Zyl wat die artikel oor Nikita in die Herald van 16 Oktober 2015 geskryf het.

Baie, baie dankie aan elkeen wat hul harte oopgemaak het en wat artikels aan die Hoffmans geskenk het.

As daar enige iemand is wat nog items wil skenk, kontak Johannes Hoffman by 061 903 5213. As enige iemand moontlik ‘n wasmasjien en ‘n kombuistafel en stoele kan skenk sal hulle dit so waardeer. Alle skenkings kan direk by die Hoffmans afgegee word.

As daar ‘n haarkapper naby Rikasrust is wat bereid sal wees om die gesin se hare te sny, sal ek hulle gaan haal om dit te laat sny.

Ek het met Hermiena Hoffman gepraat. Sy sê Nikita geniet die TV en haar pop ongelooflik baie.

My hart loop oor van vreugde en ek bid dat die Here elke skenker sal seën.

My opregte dank, ek waardeer jou en jou koerant baie. Dankie vir die voorreg wat ek gehad het om saam met Maritza te kon gaan.

Related Articles

Back to top button