Opinion

Aangepaste eiendomwaardasie by Westonaria-munisipaliteit beskikbaar

Dit is baie belangrik dat die gemeenskap en veral grondeienaars deelneem.

AfriForum het bekendgemaak dat die kennisgewings aan grondeienaars aangaande hul aangepaste eiendomswaardasies in Venterpos en Glenharvie nou by die Westonaria-munisipaliteit beskikbaar is.

Nicky Laubscher van EvaluationsPropertyIntelligence het aan AfriForum bevestig dat die druklêer van al dié kennisgewings aan die Westonaria Munisipaliteit gestuur is.

AfriForum moedig grondeienaars egter aan om nie te wag dat die Suid-Afrikaanse Poskantoor die kennisgewings aflewer nie, maar om eerder die munisipaliteit te besoek om ’n afskrif van die kennisgewing te bekom.

Grondeienaars kan Sonja Mitchell of Simon Mbidi by die Westonaria-munisipaliteit vir meer inligting skakel.

Dit is baie belangrik dat die gemeenskap en veral grondeienaars deelneem en by die plaaslike munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsbeplanning-, begroting- en eiendomswaardasieprosesse betrokke raak. AfriForum gaan in November ’n gemeenskapsvergadering hou om die publiek oor dié prosesse in te lig.

Indien grondeienaars nie met die aangepaste eiendomswaardasie saamstem nie, het die kans om protes aan te teken binne 30 dae na hulle die kennisgewing ontvang het.

AfriForum is in gesprek met EvaluationsPropertyIntelligence om te bepaal wanneer die res van Westonaria se kennisgewing reg sal wees.

Related Articles

Back to top button