Sekuriteitswag hou my veilig

'Ek waarsku elke bejaarde teen sulke mans.'

Baie dankie aan Maxi Security/ Maxi Sekuriteit se puik personeel.

Vandag (Maandag 28 September) by Randgate Spar het ‘n man my heeltyd gepla vir geld terwyl hy ‘n bankkaart en geld in sy sak het.

Een van Maxi se wagte het toe saam met my geloop om my veilig te hou. Baie dankie aan Wynand Kaltwasser, die einste sekuriteitswag wat my so goed gehelp het.

Ek is ‘n bejaarde wat myself nie kan verdedig nie en ek waarsku elke bejaarde teen verdagte mense in sentrums.

Dankie Maxi, julle is tops!

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version