Meer as ‘n miljoen betaal nie skoolfonds nie

'Die LUR vir Onderwys is besig om deur hierdie program onderwys in Gauteng tot 'n val te bring.'

Die VF Plus is bekommerd dat Gauteng alreeds in ‘n welsynstaat ontaard het en dat dinge nog net erger gaan raak.

Dit volg nadat die Gautengse Departement van Onderwys onlangs in hul eerste kwartaallikse verslag vir die 2015/16 finansiële jaar bekend gemaak het dat ‘n massiewe 1 231 673 leerlinge in Gauteng geen skoolfonds betaal nie.

Ek het in reaksie hierop gesê dat die LUR vir Onderwys besig is om deur hierdie program wat hy najaag, onderwys in Gauteng tot ‘n val te bring.

Dit is verstaanbaar dat daar arm kinders is wat nie skoolgelde kan betaal nie, maar volgens hierdie verslag is dit die departement se einddoel om soveel as moontlik leerlinge gratis te akkommodeer. Hulle teiken was 1 174 638 leerlinge en dit is reeds oorskry met 57 000 leerlinge.

Die VF Plus is van mening dat die LUR deur hierdie program die samevoeging van beheerrade wil afdwing op die skole van Gauteng wat hard werk om net-net kop bo water te hou.

Dit is deur die skep van ‘n welsynstaat in Gauteng dat die LUR van Onderwys sulke programme van stapel stuur.

Exit mobile version