Opinion

Dankie begrafnisondernemer

'Die Here seën julle almal by Phillips Begrafnisondernemers.'

Hiermee wil ek graag namens die Lodewick, Jones, en breër familie ons dank uitspreek aan Clayton, Lionel en hul span by Phillips Begrafnisondernemers in Toekomsrus.

Hierdie groep het soos beloof die ektra myl met ons as familie gestap.

Ons is en was diep geraak deur die tragiese dood van Jarred, ons seun en skoonseun.

Clayton en Lionel het die pyn ligter gemaak met hul voortreflike diens en ondersteuning.

Die Here seën julle almal by Phillips Begrafnisondernemers. Ek wil ook melding maak van die Gospel sang groep, Reganerators, deel van die ondernemers se diens.

Julle is talentvol.

Related Articles

Back to top button