Kom ons skinder oor beurtkrag

'Veral tuiskomtyd word die Randfonteiner verpes en getart deur die vervloeking.'

Kom ons skinder ‘n bietjie oor die sogenaamde “beurtkrag”.

Kyk as jy my ou volkie nou behoorlik wil flous of net eenvoudig wil bull!@#$ en aan jou kant wil hê, maak nie saak hoe seer of hoe groot die verlies uiteindelik is nie, dink of ontwerp of flous of … watêwwer sommer ‘n niksseggende towerwoord en als is vergewe en al wat ‘n strydbyl is word daar en dan begrawe! ‘n Legio voorbeelde kan genoem word – maar dit daar gelaat.

Die sogenaamde beurtkrag. Vir ure gedurende die maand – en veral tuiskomtyd word die Randfonteiner verpes en getart deur die vervloeking.

Almal weet darem teen dié tyd dis nie die kragstasies wat te min krag lewer nie maar as gevolg van korrupsie, diefstal, selfverryking, onbevoegdheid, geen instandhouding en blote rou en bar onnoselgeid!!

Skande! Natuurlik die grap van die jaar – geen, maar geen, Randfontein-belastingbetaler met enige vereffening van kragverbruik op sy of haar rekening einde van die maand nie.

Maw, diefstal duur voort! Tweedens, veronderstel net 2 000 huishoudings word geraak per kragdiefstal en elke huishouding het op daardie oomblik 4kW (4000watt) in gebruik gehad, dan is die somtotaal energie wat weer eensklaps ingeskop word (êrens deur ‘n baie sensitiewe stelsel wat koper geleistamme bevat) gelyk aan 8MW (8 000 000 watt) 8 MW is nie wielietjiekrag nie!

(8 000 000 watt = 8 000 000 newton met per sekonde = 800 000 kg meter per sekonde = 800 metrieke ton wat een met verplaas word in een sekonde.)

Geleistamme ly daaronder! Wie, ek vra mooi wie kyk daarna en doen die nodige onderhoud daaraan? Dit wil sê, een van hierdie mooi dae wil hierdie sensitiewe onderdele net nie meer saamspeel nie en dan!?

Ook, hierdie 2 000 huishoudings het erge sensitiewe elektroniese huishoudelike toerusting wat geensins hierdie bar en ongewenste hantering kan of hoef te weerstaan nie.

Wie gee om!?

Weer: Wee! Die land wie se koning eens ‘n slaaf was!

Exit mobile version