Opinion

VF Plus help om Wesrand metro te stuit

Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners om ook dié vergaderings by te woon.

Die VF Plus is verheug na die aankondiging van die Munisipale Afbakeningsraad dat hulle vir eers die Wesrand metro gaan afkeur.

Die afkeuring van die aansoek van Pravin Gordhan, minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, wat die samesmelting so na aan die komende verkiesing wou laat goedkeur, is weer eens ‘n bewys van die regering se onvermoë om die land suksesvol te bestuur.

Dit is algemene kennis dat drie van die vier munisipaliteite op ‘n ramp afstuur. Volgens die ouditeur-generaal se verslag is erge armoede, groot hoeveelhede onwettige immigrante, onwettige grondbesetting, besoedeling (lug sowel as water), hoë misdaad, geen-betaal kultuur, skerp afname in die mynsektor maar net ‘n paar van die redes hoekom drie van die munisipaliteite ‘n gekwalifiseerde outdit ontvang het. Hierdie is uitstekende redes wat aangevoer word hoekom die samesmelting nie toegelaat kan word nie.

Dit is onduidelik hoe mnr. Gordhan sy meesterplan van Back to Basics hier wou toepas as hy weet dat die samesmelting inwoners nog verder sou benadeel.

Gedurende die openbare vergaderings, waar ‘n paar lelik misluk het omdat lede van die afbakeningsraad en munisipale amptenare net nie opgedaag het nie, het die ANC probeer om die vergaderings in ‘n politieke veldtog te omskep.

Knelvrae soos hoe die inwoners by die samesmelting gaan baat vind is bloot geïgnoreer en ANC kaders het doodeenvoudig voortgestoomroller met hul politieke retoriek. Niemand wou die vergadering inlig oor hoe benard die finansiële situasie van dorpe soos Merafong, Westonaria en Randfontein is nie.

Die feit dat die afbakeningsraad begrip het dat so ‘n besluit doodeenvoudig nie deur die sisteme gestoomroller kan word nie, is prysenswaardig. Hulle het besluit om die saak na die 2016 verkiesing te hersien.

Intussen gaan hulle fokus op wyksafbakening. Die eerste openbare vergadering vind op 18 Augustus 2015 in Mogale City plaas. Merafong op 20 Augustus 2015 en Randfontein en Westonaria op 24 Augustus 2015.

Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners om ook dié vergaderings by te woon.

Related Articles

Back to top button