Opinion

Nie een betrokke munisipaliteit beskik oor ‘n skoon oudit nie

... en het saam 'n netto tekort van R353 562 537 op hulle begroting en 'n skuldlas van R1,1 miljard.

AfriForum het die afgelope week in verskeie dorpe in die Wes-rand aan die openbaredeelnameproses om ‘n metro te vorm deelgeneem en in Krugersdorp ‘n voorlegging gedoen waartydens ‘n burgerregtelike dokument aan die Munisipale Afbakeningsraad (MAR) oorhandig is wat wetlike gebreke aandui en die publiek dus verhoed om ‘n ingeligte besluit te kan neem.

Die MAR het die deelnameproses gefasiliteer en sal sy besluit einde Augustus bekendmaak.

Ons probleem met die metro is dat die betrokke munisipaliteite nie genoeg tyd gegun is in hulle Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) vir die beplande samevoeging nie, die wetlik vereiste openbarekonsultasieprosesse gaan nie die herafbakening van munisipale grense vooraf nie en dit laat die publiek in die duister en daarom kan ons nie ‘n ingeligte besluit neem nie.

AfriForum is van mening dat finansieel onstabiele munisipaliteite, wat ‘n minagting vir grondwetlike voorskrifte het, se finansiële posisie nie reggestel kan word deur hulle saam te voeg in een metro nie.

Nie een van die betrokke munisipaliteite beskik oor ‘n skoon oudit vir die 2013/2014-finansiële jaar nie en het saam ‘n netto tekort van R353 562 537 op hulle begroting en ‘n skuldlas van R1,1 miljard.

Sou die MAR voortgaan om ‘n metro te vorm op grond van ‘n onregmatige besluit, sal AfriForum die howe nader om inwoners se regte te beskerm.

Related Articles

Back to top button