Opinion

Baie dankie vir vakansie

'Ons wil net baie baie dankie se aan Kobus en sy span.'

Gedurende hierdie jaar se Randfontein Skou het Remax Randfontein ‘n kompetisie gehad waar jy ‘n vakansie kon wen as jy die vormpie ingee.

Ek en my man Gideon was die gelukkige wenners van die kompetisie en het ‘n hele week se vakansie by Mount Amanzi naby Hartbeespoortdam gewen.

Ons het dit die week van die 26 Junie tot 3 Julie gebruik. Ons wil net baie baie dankie se aan Kobus en sy span wat die vakansie vir ons moontlik gemaak het. Dit was absoluut wonderlik.

Van ‘n dankbare Annemarie en Gideon Steyn van Krugersdorp.

Related Articles

Back to top button